Pink Lady® - Taste the Sweet Life sacoronavirus.co.za

Italiaanse Dennepit tert met Pink Lady® appels

Cooking

serves

8 -10

By Herman Lensing

Find Pink Lady® Apples

METHOD:

Tert

1. Plaas botter en koekmeel in voedselverwerker en pols teen hoë spoed tot mengsel die tekstuur van fynbroodkrummels het. Voeg bakpoeier en suiker by. Pols weer. Meng eiergele en eier saam. Terwyl menger loop gooi jy eiermengsel geleidelik by tot alles in een deegbal saamkom. Draai bal toe met kleefplastiek en laat rus in yskas vir 20-25 minute.

2. Verhit oond tot 170 °C.

3. Rol koue deeg uit op meelbestrooide oppervlak tot sowat 2 mm dik.

4. Spuit ’n 35 cm-losboomringpan wat 2 cm hoog is met kleefwerende kossproei.

5. Voer pan uit met uitgerolde deeg en sny deeg wat oorhang netjies af met skerp mes.

Vulsel

1. Meng eiergele, vanielje, suiker, mielieblom en koekmeel met ’n draadkliser in groot mengbak tot gladde mengsel.

2. Bring melk en suurlemoenskil tot kookpunt oor medium hitte. Gooi warm melkmengsel by eiers terwyl jyklits. Gooi mengsel terug in pot en roer oor lae hitte tot mengsel verdik – sowat 5-8 minute. Verwyder van hitte en voeg ricotta by. Roer tot glad. Gooi mengsel in kors. Pak dun laag appels bo-op en sprinkel dennepitte oor.

3. Plaas in oond en bak vir 30-35 minute of tot gestol soos jellie – as die dennepitte te donker raak plaas tinfoelie bo-op.

4. Haal uit oond en laat afkoel in yskas tot yskoud.

5. Sif versiersuiker oor en sit voor.


Recipe by:

Herman Lensing


Share Pink Lady® Apples Recipe:

INGREDIENTS

Tert

Vulsel

Pink Lady® apple recipes you may like

Pink Lady® apple hot toddy

Pink Lady® Wholewheat Carrot Cake Muffins with Cream Cheese Icing

Klasieke crème karamel met Pink Lady® appelkinkel

Hot Pink Lady® apple and ginger cocktail

Preparing your shopping list

Make healthy living a part of your active lifestyle with Pink Lady® - naturally!

The PinkLady® website uses cookies, please navigate away if you do not consent.

© 2020 Copyright Pink Lady®.
Developed by Solutions Desk