Pink Lady® - Taste the Sweet Life sacoronavirus.co.za

Pink Lady® Appellemoenkoek

Cooking

serves

Genoeg vir een koek

By Herman Lensing

Find Pink Lady® Apples

METHOD:

Koek

  1. Verhit die oond tot 180°C en voer twee 23 cm-koekpanne met bakpapier uit. Spuit die panne deeglik met kleefwerende kossproei.

  2.  Sny appels in klein blokkies.

  3. Kook die melk, botter en lemoenskil saam en laat afkoel tot louwarm.

  4. Klits die suiker, twee eiergele en die heel eiers in ’n groot mengbak tot lig en romerig.

  5. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vou dit met ’n groot metaallepel by die eiermengsel in.

  6. Voeg die afgekoelde melkmengsel by die beslag en vou in.

  7. Klits die twee eierwitte tot sagte punte vorm en vou dit saam met die papawersaad by die beslag in.

  8. Verdeel die mengsel tussen die voorbereide panne en bak vir 30-35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.

Stroop

  1. Kook die suiker, water en botter saam vir 2-3 minute.

  2. Verwyder van die hitte en voeg die lemoensap by.

  3. Verdeel die stroop tussen die gaar koeke in die panne en laat die koek yskoud word in die yskas.

Versiersel

  1. Klits die roomkaas en botter saam tot lig en romerig. Voeg die versiersuiker by en klits goed.

  2.  Keer die eerste koeklaag uit op ’n dienbord en smeer die helfte van die versiersel oor.

  3. Plaas die tweede koek bo-op en smeer die oorblywende versiersel bo-oor.

  4. Sit voor. 

Recipe by:

Herman Lensing


Share Pink Lady® Apples Recipe:

INGREDIENTS

Koek

Stroop

Versiersel

Pink Lady® apple recipes you may like

Pink Lady® Savoury Apple Tart

Crunchy Asian Pink Lady® Apple slaw

Chicken and Pink Lady® apple satay

Pork, Pink Lady® apple and white wine pot pies

Preparing your shopping list

Make healthy living a part of your active lifestyle with Pink Lady® - naturally!

The PinkLady® website uses cookies, please navigate away if you do not consent.

© 2020 Copyright Pink Lady®.
Developed by Solutions Desk